Oor my en hierdie blog…

Hierdie is n blog oor my, van my en vir jou. Ek is n skrywer en leser van n wye verskeidenheid fiksie, veral romantiese fikse. Ek skryf bietjie van als – van romanses, tot humor, spanning en selfs rillers, glo dit of nie. En dan is ek gaande oor musiek. En kuns, veral scrapbooking.  Geniet dit! :-)

13 thoughts on “Oor my en hierdie blog…

  1. Haai, Anzel!
    Ja, hierdie blog gogga is ‘n ding wat kan byt en vasbyt waar hy sit. Nog ‘n tegnologie wat my soms verwonderd laat en soms frustreer …
    Anyway, dis gaaf om jou ook hier te kry. En ek waardeer jou woorde regtig. Ek het vir jou passie en entoesiasme ‘n groot bewondering. Op jou ouderdom het ek nie die vaagste benul gehad waar ek hoort en wat ek moet doen nie.
    Dus: Lekker blog en lekker skryf!
    Wat die ouderdom betref – die heel snaaksste/wonderliskte/mees scary is die besef dat ek nog presies dieselfde mens is as al daardie jare gelede. Behalwe vir die meer ondervinding en die meer grys hare is ek binne-in dieselfde mens. Laat ‘n mens dink oor oumense … Jongmense vasgekeer in ‘n oumens sy lyf?

  2. Ek geniet hierdie blog-storie alreeds gate uit! Ek wonder soms hoekom ek dit nou eers ontdek het! :-) Elk geval, as n skrywer bly mens altyd n kind. n Kind wat glo in stories, wat stories uitdink om ander innerlike kinders te bevredig. Ons lyf raak ouer, maar ons gees bly jonk… Vir julle skrywers, het ek alle respek… Want by julle kan ek leer, dit wat ek nog nie in my min lewenservaring kon optel nie. So leer n mens, so groei n mens, en so word die kind in jou n beter skrywer.

    • Hi Anzel maybe kan jy raad gee oor die – Alles was wonderlik terwyl hy ver was toe was hy hier en ek kon hom net 2 keer in die 2 weke sien toe is hy terug en dinge verander nou is dit half koud alhoewel ons nog praat maar baie platonies. My hart is gebreek (is jou rehab vir geboke harte nogi oop nie) Ek weet nie of ek moet bly glo in ons nie en of ek maar eerder die tissues moet vat en my hart moet uithuil en aanvaar dit is verby nie -

      • Ai, Bolla! Dis sleg om deur so iets te gaan. Dit voel of mens stukkend geruk word deur iets wat soveel vreugde en tog ook soveel hartseer kan veroorsaak. Ek weet presies hoe jy voel. En ek weet ook hoe jy voel oor die ongevraagde raad wat almal vir jou gee… “los hom! Daar is beter visse in die see, jy verdien beter…”. Maar ek gaan dit nie vir jou se nie, want ek weet hoe seer dit is. Wat ek wel vir jou gaan se is dit: wees nice met jouself en voel die seer. Gee jouself tyd. En volg jou hart. As jy lief is vir iemand, kan dit nie soos n switch aan en af gesit word nie. Maar mens kan dit verwerk, en sterker anderkant uitkom. Natuurlik gaan dit n letsel los, natuurlik is dit seer, natuurlik is dit nie maklik nie. Maar dit is doenbaar. Sterkte girl! Dink aan jou!!

  3. Hi Anzel, weet nie of jy my onthou nie, ek het verlede jaar saam met jou en ander via email aan Trudie se skryfkursus deelgeneem. Eks bly om te sien jy skryf. Ek het vir ‘n hele jaar glad nie geskryf nie. Nie eens ‘n pen opgelig nie. Ek het so ‘n week gelede weer my notebook uitgehaal en begin skryf. Liewers laat as nooit nie. Hou van jou blog.

    • Haai, Gwenet. Natuurlik onthou ek vir jou! :-) Dis goed om te hoor jy het weer begin skryf. Ek is op die oomblik hard aan die skryf, al moet ek eers oor die teleurstelling kom van my eerste ms wat ek moet herskryf. Heeltemal herskryf. Nie net hier en daar ‘n kosmetiese foutjie nie. Sommer alles. Dit breek nogal ‘n mens se moed. Maar, ek sal so ‘n week af vat, en dan weer skryf. Net om weer bietjie perspektief te kry en om die nodige moed bymekaar te skraap. Jy is natuurlik baie welkom om gereeld hier by my blog in te loer. Hier skryf ek maar wat in my kop aangaan… Partykeer interresant, ander kere nie so interresant nie. Maar dis wie ek is. Jy moet aanhou skryf. Sover ek kan onthou, het jy nogal talent gehad… :-) Geniet dit!

  4. Hallo Anzel

    Kan jy asseblief twee dokumente vergelyk en sê of dit dieselfde skrywer is? Indien dit moontlik is, hoe sal ons te werk gaan?

    (Ek verstaan nie mooi van BLOG nie.)

    Dankie!

  5. Hi Anzel, dankie vir die reply. Is lekker om met iemand te kan chat wat nie direk betrokke is nie. Om jou kort opsomming van alles te gee – ek het laas jaar besluit om uit my huwelik te stap wat dood is al vir meer as 3 jaar (was getroud vir 7). Uit die bloute kom ‘n ou liefde met wie ek geen kontak gehad het vir 12 jaar nie en Skype my uit Mauritius uit waar hy op vakansie was. Ons het lekker gesels en nooit in my wildste drome kon ek dink dat mens liefde wegsteek en toesmeer en dit net ewe skielik weer daar kian wees nie. Hy het vertel hoe dankbaar hy is dat ek weer in sy lewe is en dat ek die deksel van sy pot is en en en ook dat hy my sal aanvaar met my seuntjie. Ons het ure gesels in die aand, nou as ek vra hoe hy voel dan is sy antw kortaf dieselle, hy praat nie meer oor die toekoms soos altyd nie en en baie vaag oor sy gevoelens. Hy het ook nie ‘n probleem gehad om te se dat hy nog al die jare lief is vir my nie. Nou kan ek nie gat of stert uitmaak hoe hy voel nie. My skeisaak is nog nie deur nie en dan is dit nou eweskielik die verskoning. Ek is bang om te glo in “ons” en dan as hy terug kom ewe skielik vir my te se daar is nie meer ‘n ons nie maar is ook bang om te puch vir eerlike ant en ek verloor hom. Ons praat amper glad nie meer nie en as dit is is dit baie platonies. GEE RAAD ASB

    • Ai, jong. Dis ‘n moeilike situasie wat beslis nie maklik is om te hanteer nie. Ek weet ook dat jy nie gaan rustig word tot jy antwoorde gekry het nie, glo my, ek was in dieselfde situasie met my eks en sy dogtertjie. Ek wou weet hoekom hy ewe skielik verander het. Veral omdat ek die fout by myself gaan soek het. Ek het intussen agter gekom dis baie moeiliker om te vergeet as wat ek gedink het, en sukkel nou nog om hom uit my sisteem te kry. Wat jy egter in gedagte moet hou, is die feit dat jy op die stadium nog getroud is. Ek weet jou skeisaak is amper deur, maar jy moet jou kant skoon hou. Wat jy doen, op hierdie stadium, is egbreuk, en daarom is dit verkeerd. Maak seker jou skeisaak is eers deur, voor jy aangaan met jou lewe. Wat die ou liefde betref, sal ek aanbeveel dat jy aandring dat julle praat en dinge uitsorteer, anders gaan jy nooit rus vir jou siel kry nie. Moet egter nie te veel karring nie. Onthou, jy is belangriker as die verhouding. As hy nie belangstel nie, moet jy nie soebat nie. Elke vrou het haar trots. En jy is spesiaal en verdien net die beste. Meer as dit, kan ek nie vir jou sê nie. Al wat ek weet is dat jy antwoorde en finaliteit moet kry. By jou huidige man en die skeisaak, asook die ou liefde. Dit gaan dalk baie seer wees, maar ten minste gaan jy dan kan aangaan met die res van jou lewe. En iemand kry wat regtig vir jou as vrou baie baie lief is. :) Jy is baie spesiaal. Onthou dit…

  6. Dankie baie. Ek weet dit is egbreek en dit is een ding wat dit ook moeilik maak. Ek wens net my eks wil praat het al soveel keer gevra maar die antwoord is net heelteed wees rustig of relax. Ek dink dalk (en jy kan se of dit goeie idee is) om dinge te los en dan vir hom te vra vra.

    • Ek stem, Bolla. Los als eers en word in jouself rustig. Ek weet dis nie lekker nie, en nog minder lekkerder om te wag. Maar ek weet dat als ten goede sal meewerk, as jy net eers ‘n bietjie wag… Sterkte jong! Dink aan jou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s