PNSkryf se Eerste Skrywersbootvaart in Februarie 2013

Aan al ons medeskrywers

PNSkryfbesigheid is baie opgewonde om ons eerste Skrywersbootvaart in Februarie 2013 bekend te stel en ons nooi jou uit om dit saam met ons te kom beleef. Op hierdie twee nagte vaart na nêrens, gaan ons klem lê op die skryf van spanningsverhale en daar word reeds met kundiges onderhandel om ʼn paar relevante lesings te kom gee.

Kom ons kyk na die belangrike vrae wat jy dalk mag vra:

  • Wanneer beplan julle die toer?
    • Ons beplan vir Februarie 2013, die datum sal binne die volgende week of twee bevestig word.
  • Wat gaan dit my kos?
    • Die koste per skrywer is ongeveer R3500 p/p. Die presiese bedrag sal binne die volgende week of twee bevestig word, en sluit die vaart en die kursus in. Die pryse wat op Starlight cruises se webblad verskyn, sluit nie die kursusgeld in nie. Geen persone wat dus self by Starlight cruises hulle verblyf reël, sal by die kursus toegelaat word nie.
  • Wat sluit die koste vir die vaart in en wat sluit dit uit?
    • Die koste vir die vaart sluit in alle etes, slaapplek, lesingsmateriaal en sessies, kommentaar op kreatiewe skryfwerk, en ʼn baie goeie leerervaring.
    • Dit sluit egter vervoer kostes na en parkering by Durban se hawe uit, asook alle drankies, persoonlike benodighede en sakgeld.
  • Gaan ons heeltyd net lesings hê? Of gaan ons tyd hê om die vaart en die skip te geniet?
    • Ons gaan ʼn vasgestelde program vir lesings en kreatiewe skryfsessies hê, maar daar sal oorgenoeg tyd vir die skrywers wees om die skip te verken en om individueel alle aspekte van die skip te geniet. Skrywers sal streng by die program moet bly, ten einde dit ʼn suksesvolle leerervaring te maak. Die program sal later beskikbaar gestel word.
  • Hoeveel skrywers kan vir hierdie kursus registreer?
    • Ons het ongelukkig net plek vir twaalf skrywers.
  • Beplan julle nog sulke toere in die toekoms?
    • Afhangende van die belangstelling en deelname aan hierdie toer, gaan ons beslis kyk na nog so een aan die einde van 2013.
  • Wat moet ek saambring, sou ek inskryf vir hierdie kursus?
    • Bo en behalwe klere, toiletbenodighede, persoonlike medikasie, ID dokument, kamera, skootrekenaar en sakgeld, moet elke skrywer ook ʼn spanningsverhaal vooraf vir ons stuur, met ʼn woordtelling van tussen 800 en 1000 woorde. Gedurende hierdie vaart, gaan ons dan aan hierdie kortverhaal werk, asook met ʼn roman begin.
  • Word slaap- en badkamergeriewe gedeel?
    • Ja. Omdat ons die geriewe teen ʼn spesiale prys verkry, moet kajuite gedeel word. Elke kajuit gaan vier skrywers huisves vir hierdie toer.
  • Wat is die vervoerrëelings?
    • Vervoer tot by die hawe is elke skrywer se eie verantwoordelikheid. Starlight cruises het wel sekere dienste beskikbaar. Loer gerus in by hulle webblad vir meer inligting. Kliek hier: http://www.starlightcruises.co.za/faqs.cfm
  • Is ʼn paspoort nodig vir hierdie toer?
    • Ons verlaat nie Suid Afrikaanse waters nie, so ʼn paspoort is dus nie nodig nie. Jy moet wel jou ID dokument saambring vir toegang tot die skip.
  • Wanneer is die registrasiedatum?
    • Registrasiedatum is 30 September 2012. 50% Deposito is betaalbaar by registrasie. Inskrywings- en Registrasievorms is op navraag beskikbaar.
  • Teen watter datum moet ek my deposito betaal?
    • 50% Deposito moet saam met registrasie betaal word en dit moet teen 30 September 2012 gebeur. Geen skrywer wat nie ten volle betaal het, gaan op die vaart toegelaat word nie. Sou enige skrywer tussen Oktober en Desember 2012 kanselleer, verbeur hulle 50% van hulle deposito as kansellasiefooi. Bankbesonderhede is beskikbaar op aanvraag.
  • Teen watter datum moet die volle bedrag vir die skrywersvaart betaal word?
    • Die volle bedrag vir die skrywersvaart moet teen 1 Desember 2012 betaal word. Geen fondse sal terug betaal word sou ʼn skrywer nie opdaag vir die vaart, of die boot verpas nie. Vanaf Desember 2012, is geen fondse terugbetaalbaar nie. Bankbesonderhede is beskikbaar op aanvraag.

Vir enige ander vrae rondom die skeepvaart, gaan loer in by hulle webblad: http://www.starlightcruises.co.za/faqs.cfm. As julle enige vrae oor die kursus het, laat ons gerus weet by trudy@pnskryf.co.za of anzel@pnskryf.co.za .

Ons hoop om baie van julle daar te sien.

Groete

Die PNSkryfspan

Tiek Tok! Tiek Tok! Die tyd raak min!!

Die tyd raak nou  min om in te skryf vir PNSkryfbesigheid se heel heerste skryfkompetisie. Sien hier onder vir meer inligting!

 

Amper R10 000.00 se pryse op die spel in Petru-Nell Skryfbesigheid se eerste Skryfkompetisie ooit!

Nuuskierig? Wil jy dalk inskryf? Wil jy die eerste wenner wees van PNSkryfbesigheid se eerste skryfkompetisie?

Lees hieronder verder…

DOEL

Om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel.

TEMAS

Die skrywer kan sy eie tema kies.

VEREISTES

Elke inskrywing moet ʼn kort-kortverhaal van maksimum 800 woorde, asook ʼn langer kortverhaal van maksimum 1 500 woorde insluit. As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, gaan hulle inskrywing gediskwalifiseer word.

Deelnemers kan ook addisionele kort-kortverhale of kortverhale instuur teen ʼn laer inskrywingsfooi. Sien reëls vir besonderhede.

PRYSE

Algehele eerste plek

ʼn Wegbreeknaweek vir twee, ontbyt ingesluit, by die Bed-ini-bos Gastehuis te Thabazimbi, ter waarde van R1650.00.

Gratis bywoning van die PNSkryfskool in 2012, wat strek oor vyf Saterdae, en wat al die kursusmateriaal en verversings insluit, ter waarde van R2750.

Totale eerste plek pryswaarde = R4400.00


Algehele tweede plek

ʼn Koopbewys van ʼn bekende boekhandelaar, ter waarde van R1000.

Drie gratis modules vir die PNSkryfskool in 2012, ter waarde van R1650.

Totale twee plek pryswaarde = R2650.00


Algehele derde plek

ʼn Jaar se inskrywing op Vrouekeur Tydskrif, ter waarde van R420.

Twee gratis modules vir die PNSkryfskool in 2012, ter waarde van R1100.

Totale derde plek pryswaarde = R1520.00


SPESIALE PRYSE

Verrassingspryse gaan ook toegeken word vir verhale met:

  • Beste Titel                                         
  • Beste Opening
  • Beste Slot
  • Verhaal met die meeste potensiaal
  • Beste Karakterisering

Neem kennis.

Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie.

Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

 REËLS

  • Maak seker dat u presies weet wat die reëls van hierdie kompetisie is aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal moet word, indien die reëls verontagsaam word.
  • Alle verhale moet getik wees.
  • Deelnemers moet seker maak dat hulle aan hierdie belangrike vereiste voldoen. Die lengte van die skryfstukke is: Kort-kortverhale: 800 woorde, Kortverhale: 1500 woorde
  • Enige skrywer ouer as 18 jaar kan aan die kompetisie deelneem. Indien ʼn deelnemer reeds by ʼn erkende uitgewer (Lapa, Human en Rossouw, ens.) gepubliseer het, mag hy/sy nie aan hierdie kompetisie deelneem nie. Die inskrywing moet in AFRIKAANSwees.
  • Die inskrywings moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees.
  • Stuur asseblief vyf (5) afskrifte van alle verhale saam.
  • Elke inskrywing (d.w.s een kort-kortverhaal en een kortverhaal) moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en inskrywingsfooi ter waarde van R50.00 (vyftig Rand).
  • Betaling kan geskied in die vorm van internet-betaling, direkte inbetalings by een van die banke soos hieronder gespesifiseer word, of ’n banktjek kan die inskrywing vergesel. GEEN PRIVAAT TJEKS WORD AANVAAR NIE. ʼn Afskrif van die inbetaalstrokie of bewys van die internet-betaling moet u inskrywing vergesel. Bank besonderhede op versoek.
  • Addisionele kort-kortverhale of kortverhale kan ook apart van die vereiste inskrywing ingestuur word, teen ʼn administrasiefooi van R10 elk.
  • Deelnemers sal alle manuskripte terug ontvang, waarop kommentaar van die beoordelaars verskyn. Stuur dus ook genoeg self-geadresseerde, gefrankeerde koeverte wat groot genoeg vir die manuskripte is, saam met elke inskrywing. Maak seker dat die posgeld daarop voldoende is. PN Skryfbesigheid kan nie vir verlore posstukke verantwoordelik gehou word nie.
  • Die deelnemer se naam mag slegs op die inskrywingsvorms verskyn en nie op die vyf (5) afskrifte van die verhale nie. Onthou: Dit word anoniem aan keurders voorgelê.
  • Beide kortverhale moet asseblief in dubbelspasiëring en in ’n leesbare lettertipe van minstens 12 pt grootte getik word. ’n Eenvoudige lettertipe soos ‘arial’ of ‘times new roman’ word aanbeveel. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie.Kortverhale mag ongelukkig ook nie elektronies voorgelê word nie.
  • Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 9 Desember 2011. Inskrywings met ʼn posstempel van later as 9 Desember 2011, sal nie aanvaar word nie.
  • Pos alles inskrywings aan: PNSkryfkompetisie 2011, Natalielaan 56A, Murrayfield, Pretoria, 0184. Stuur asseblief ook ʼn epos, faks of sms om ons te verwittig dat die inskrywing oppad is.
  • Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore raak nie.
  • Rig alle navrae aan Trudy Erasmus – faks (086 652 7946) of per epos trudy@pnskryf.co.za, of aan Anzel Gerber by pnskryfkompetisie@gmail.com.
  • Alle inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang.
  • Die beoordelaars en/of organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie.
  • Die tyd vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word. Daar word gepoog om die wenners teen einde Maart 2012 bekend te maak. Alle wenners sal per epos of faks verwittig word, waarna uitslae op ons Facebook blad, webtuiste en Blog bekend gemaak sal word.

Vir verdere navrae, en inskrywingsvorms, kontak Trudy Erasmus by trudy@pnskryf.co.za of Anzel Gerber by pnskryfkompetisie@gmail.com. 

‘n Great nuwe blog vir jou…

Wil jy ’n skrywer word? Het jy nog altyd daarvan gedroom om eendag jou groot roman te skryf? Weet jy nie waar om te begin of hoe om te begin leer nie? Wel, hier is nou die antwoord vir jou!

Daar is ‘n nuwe blog uit. www.pnskryf.wordpress.com. Dis ‘n blog wat vir jou sal vertel van skryfskole, werkswinkels, kompetisies, en ander skrywers wat presteer. PNSkryf bied ook ander dienste aan, wat ook later op die blog bekend gemaak sal word. Gaan loer gerus daar in. Komaan! Wat het jy om te verloor?

Kliek nou op PNSkryf se blog! En kom en gesels saam… :-)

 

Nuwe blogs op dop te hou…

Haloooooo almal! :-)

Ek het redelik lanklaas met julle gesels. Ek het daarom ook besluit om dalk op ‘n meer gereelde basis hier te kom afpak. Soms help, dit weet jy?

Maar vandag praat ek nie oor my nie. Nee, glad nie. Vandag praat ek oor ander blogs wat oor die volgende ruk goot aftrek gaan kry. Ek sal julle almal aanraai om ook so nou en dan op hierdie blogs te gaan inloer. Ek geniet dit beslis, so ek hoop julle doen ook.

Die blogs is soos volg:

Karin se blog

Creative Lazering

Gaan loer gerus daar in, mense! Komaan, wat het julle om te verloor? Julle kan net daarby baat vind, veral as jy regtig inneem wat daar vir jou gese word. Toe man! Laat my weet wat julle daavan dink…