Vir die van julle wat dit nie weet nie, ek is ‘n gesertifiseerde Meester Handskrifontleder. En nee, dit is nie fortune telling nie. Dit is ‘n wetenskap wat oor en oor bewys is. En boonop 100% akkuraat. Hoe werk dit, vra jy?
Wel, dis heel eenvouding. Wanneer jy skryf, gebeur daar iets in jou brein. Dit is ‘n neurologiese impuls vanaf jou brein tot by jou vingers wat weerspieël wie en wat jy is. Natuurlik word graphology (handskrifontleding) ook gebruik in Forensiese ondersoeke, maar my fokus is meer op recruitment in HR. En natuurlik ook persoonlike verslae van 20 bladsye – ja, 20 bladsye vol van jou. Onder andere kyk ek ook na jou mental orientation, weaknesses, strengths and problem areas. Mens kan selfs versteekte siektes by mense ontdek deur net na hulle handskrifte te kyk – hierdie sluit in depressie, sielkundige siektes, selfmoord neigings ensovoort. Graphology kan ook help met kinders wat bed natmaak of hakkel, en dit kans selfs help met n Gholfspeler se handicap.
Interresant, né? Indien jy nuuskierig genoeg is en graag wil hê ek moet jou handskrif vir jou analiseer, laat my weet, dan gee ek vir jou meer inligting.
