Hallo, al ons medeskrywers.
Vir die van julle wat graag saam met ons op die Skrywersbootvaart wil gaan, hier is die inligting waarvoor almal gewag het!! Sien asseblief hier onder vir die finale datums en pryse. Loer ook gerus in by ons vorige post vir ‘n paar vrae-en-antwoorde.
- Datum: 15 Februarie tot 17 Februarie 2013.
- Prys per persoon: R3500 – En dit sluit die bootvaart, etes en skryfskool in. Vir meer inligting oor wat die bedrag in en uitsluit, gaan loer in by ons vorige plasing.
- Registrasie datum: 30 September 2012
- 50% Deposito moet teen die 30 September 2012 betaal word.
- Die volle bedrag is betaalbaar teen die 1ste Desember 2012.
Klier hier om ons vorige plasing te lees.
Onthou asseblief dat plekke beperk is, so julle moet gou spring. Vir meer inligting of navrae oor die skrywersbootvaart, kontak anzel@pnskryf.co.za of trudy@pnskryf.co.za.
Groete,
Die PNSkryfspan.


