My Skryfwerk

Hier gee ek julle n voorsmakie van my skryfwerk… Of dit nou Romanza is, of spanningskortverhale. Geniet dit en laat gerus wat julle daarvan dink.

3 thoughts on “My Skryfwerk

  1. My eerste storie wat jy hier kan lees, is Slaapwandelaar. Dis n verhaal wat afspeel in Mosambiek. Dit is meer n spanningsromanse as enige iets anders. Lisa gaan Mosambiek toe om uit te vind wat het met haar suster, Angel, gebeur. Sy is oortuig daarvan dat Angel nie gespring het nie. Sy het ook nie geval nie. Die enigste ander opsie is natuurlik dat sy gestamp is. Sy ontmoet twee ewe vreemde mans. Sy wil nie een van hulle vertrou nie, tog het sy hulle hulp nodig om presies uit te vind wat daardie verdoemende nag gebeur het. Intussen raak die jong meisies op die eiland stuk-stuk weg. Wat is hier op Inhaca eiland aan die gang?

      • Hi, Lelani. Hier lanksaan sal jy ook vier van my nuutste kortverhale sien. Ek was gekeur vir n bundel en moes vyf spanningsverhale skryf. Lees gerus en laat weet wat jy dink. Dit was nogal pret om oor iets anders as die liefde te skryf. Van die lot was Hanswors en Spookasem my gunsteling. Of nee wag, Swart en Jakkalsdraai was net so pret… :-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s